Om jou doel te verstaan moet jy eerstens verstaan wie jy is! Het jy al probeer om jou familie stamboom te bou op Ancestry.Com? Sommige mense het ontdek dat hulle afstam van 'n arm- of werkersklas, terwyl ander ontdek het dat hulle afstam van 'n koninklike voorgeslag. Het jy al ooit die storie gehoor van iemand wat in armoede geleef het en later ontdek het dat hy of sy eintlik 'n afstammeling van 'n koninklike of skatryk familie was? Daar is baie sulke stories, maar die tragedie van ons dag is dat biljoene mense regoor die wêreld in geestelike, fisiese en emosionele armoede leef omdat hulle nie weet wie hulle is nie!

Weet jy wie jy is? Weet jy regtig van wie jy afstam? Miljoene mense in die wêreld glo dat hulle oer-oupagrootjie 'n aap was. Ek het so 'n tyd gelede gaan besoek aflê by Maropeng in die sogenaamde "Wieg Van Die Mens" wêrelderfenisgebied. Ek het hierdie fotos daar geneem.
Dit is die rede waarom elke mens op aarde wanneer ons groot word, soek na ons doel in die lewe. Ons is so gemaak! Die dag toe jy skool en universiteit verlaat het, moes jy een van die belangrikste besluite in die lewe neem, naamlik, wat gaan ek doen met my lewe?!

Daar is 'n le
ë en onvervulde vakuum in elke mens se lewe totdat ons ons doel gevind het! God het ons so gemaak, en tensy ons ernstig na ons doel soek, sal ons lewens onvervuld bly!

Hoe tragies is dit om menigte mense regoor alle terreine van die lewe - ryk en arm, jonk en oud - te sien op die ashoop van onvervulde drome. Mense gryp na elke strooihelm in hulle soeke na vervulling. Sommige gee hulle oor aan musiek, sport, werk, sielkunde, die internet, of geld vir vervulling; terwyl ander verder gaan en gryp na alkohol, dwelms, pornografie, seks en misdaad - net om uit te vind dat nie een van hierdie dinge ware en blywende vervulling kan bring nie!

Vervulling gaan altyd hand aan hand met doel. Om ware vervulling te vind moet jy jou doel vind!
As jou droom en doel in konflik met mekaar is, sal jy nooit jou droom verwesenlik nie! Jy sal 'n onvervulde mens sterf! Die vraag wat nou volg is, hoe weet jy wat jou lewensdoel is?

Voor ons daardie vraag kan beantwoord moet jy eers weet, wie bepaal jou doel? Is dit jou ouers? Is dit jou voorouers? Is dit jou klas of status? Is dit jou opvoeding, opleiding of kwalifikasies? Is dit jyself? Die antwoord op hierdie vraag hou die sleutel tot die ontdekking van jou doel!

Ek het goeie nuus vir jou! Om jou doel te vind gaan gladnie moeilik wees nie, want jou doel is reeds bepaal deur jou Skepper!
Hallo daar! Dis weer ek, Elmer Grobler. Miskien wonder jy, wat kwalifiseer my om jou enige iets te leer omtrent die vervulling van jou drome ... Wel, laat ek eerlik met jou wees - baie gemorsde jare van mislukking en onvervulde drome! Jy het basies twee keuses - jy kan self leer (soos ek gekies het om te doen) saam met al die ander menigtes op die ashoop van onvervulde drome; of jy kan by iemand soos ek leer wat reeds die pad gestap het en van ryke ervaring kan praat. Voor jy kies moet ek jou egter waarsku, keuse nommer een is 'n pad van baie hartseer en pyn! Die keuse is joune!
Deel 1
God het 'n groot en heerlike droom vir jou lewe!
Hoe Om Jou Godgegewe Droom Te Vervul!
'Hoe Om Jou Godgegewe Droom Te Vervul' is 'n program van Projek KuberWêreld, 'n internet evangelisasiebediening van Scripture Educational Programs, 'n inter-denominasionele dissipelskap- bediening onder leiding van Elmer en Nansie Grobler. Vir meer besonderhede besoek ons webblad:
sepprograms.com
© Kopiereg 2011 E D Grobler. Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |
Dit verstom my dat mense dit kan glo! Dit verstom my nog meer dat miljoene mense verkies om dit te glo! Ek wil egter vandag vir jou die WAARHEID vertel! Jou groot-groot oupa- en oumagrootjie was Adam en Eva. Jy is geskep na die beeld van God! Jy is geskep om 'n kind van God te wees, om deel te wees van die Goddelike familie, op presies dieselfde manier dat jou eie kinders gebore word na jou beeld en deel is van jou familie!

Sê nou maar jou pa is 'n koning, wat maak dit jou? 'n Prins of prinses, nie waar nie? Wel, dit mag jou skok, maar jy is geskep om 'n prins en prinses van God, die Skepper van die heelal te wees! As jy 'n lid is van die menslike ras (homo sapiens) is jy 'n afstammeling van die Koninklike Familie - ook nie sommer enige koninklike familie nie - DIE KONINKLIKE FAMILIE! Die 'bloed' van God die Skepper van die heelal 'vloei deur jou are'!

Hierdie is die grondslag van die Christelike geloof en ons lees in die heel eerste hoofstuk van die Bybel, in Gen 1:26-28: "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor... die hele aarde ...  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers ..."
Hierdie droom sluit eerstens in jou verhouding met Hom en jou geestelike welstand, maar dit sluit ook in jou huwelik en gesinslewe, jou werk en loopbaan, jou finansies, jou huis, ja selfs jou sport en ontspanning. God se doel en plan vir jou lewe is volmaak en jy word volmaakte vervulling daarin gewaarborg. Ware vervulling en geluk kan slegs gevind word in die middelpunt van God se droom, doel en plan vir jou lewe - want jy is so gemaak!

As dit dan so is, waarom vervul so min mense hulle Goddelike droom, doel en plan? Wel, dit is waaroor die hele res van die Bybelboodskap gaan. Ons wil jou graag op 'n kort en sistematiese wyse deur die wesenlike waarheid van die Bybel lei op so 'n wyse dat jy jou Goddelike droom en doel sal ontdek en vervul!

Een van die groot waarhede wat ek ontdek het toe ek God se doel en plan vir my lewe gevind het was dat ek oor geestelike krag en gesag beskik deur gebed. Ek het ontdek dat ek mense se lewens ten goede kan beïnvloed en verander deur gebed. Om die waarheid te sê, ek het geleer dat as prinse en prinsesse van God, verander God die geskiedenis van die wêreld en vestig Hy sy Koninkryk op aarde deur die gebede van Sy kinders. Jy kan dit ook doen wanneer jy jou Godgegewe droom en doel verwesenlik! Een van die reuse van die Christelike geloof, John Wesley, het op 'n keer gesê: "God doen niks behalwe in antwoord op gebed."

Dus, terwyl ons jou op 'n ontdekkingstog deur die sentrale waarhede van die herstel van die mens se doel in die Bybel neem, wil ons graag vir jou bid dat God jou Godgegewe droom en doel in en deur jou lewe tot verwesenliking sal bring.
Ek het reeds die krag van gebed in my eie lewe ondervind, en die belangrikste ding wat ander Christene vir my kan doen is om vir my te bid! Die grootste geskenk wat iemand vir my kan gee is om vir my te bid! Ons bied hiermee aan om vir jou te bid, en as jy enigsins die waarde van hierdie aanbod verstaan, sal jy dit met albei hande aangryp! Dit is gratis!

As jy wil dat ons vir jou sal bid en meer wil lees omtrent jou Godgegewe droom en doel en hoe om dit te verwesenlik, vul asseblief jou naam en eposdres in die vormpie hieronder in en jy sal herlei word na Deel 2 van hierdie artikel. Daar is geen koste of verpligting van enige aard aan verbonde nie. Ons sal jou inligting met die grootste vertroulikheid hanteer en jy sal geensins geforseer word in enige iets nie.
As jy hierdie uitnodiging verwerp sal dit sekere besliste negatiewe gevolge in jou lewe hê - en as jy dit aanvaar, sal dit sekere besliste positiewe gevolge hê - maar die keuse berus nog steeds by jouself! Jy kan voortleef in jou geestelike en emosionele armoede, in welke geval jy waarskynlik onvervuld sal sterf; of jy kan vandag besluit dat jy wil uitvind hoe jy kan wees wie God jou gemaak het om te wees en hoe jy jou Godgegewe droom en doel kan verwesenlik! Hierdie kan bes moontlik die belangrikste besluit wees wat jy ooit in jou lewe sal neem! Ek pleit by jou, ter wille van jouself, moenie hierdie uitnodiging ligtelik oorweeg nie!