Hallo daar! Dit is weer ek, Elmer Grobler. Veels geluk dat jy die regte besluit geneem het. Jy het so pas die eerste stap geneem om die heel belangrikste saak in jou lewe uit te sorteer, naamlik jou doel! Lees asseblief sorgvuldig deur die volgende artikel met 'n  oop gemoed en ontvanklike hart.
Die Evangelie is nie slegs 'n stel reëls hoe om 'n morele en goeie lewe te lei nie. Dis nie 'n lys van moets en moenies nie -  dit is 'n hart- en sielstransformerende krag tot redding vanuit 'n doellose en verlore bestaan tot 'n lewe van doel, vrugbaarheid en 'n oorvloedige lewe.
Die Christelike geloof is nie slegs 'n godsdiens nie - dit is 'n lewende en intieme verhouding met God, die Skepper van die heelal.
Die Evangelie sal nie jou lewenstyl bederf nie - dit sal jou verhouding met, en jou posisie as prins en prinses van God die Skepper herstel, en aan jou 'n totaal nuwe droom, doel en lewenstyl gee.
Die Evangelie is nie 'n maklike resep vir gesondheid, rykdom, voorspoed en materiële sukses nie - dit is God se oplossing vir die probleem van die sondeval en die herstel van God se doel vir die skepping van die mens.
Die Evangelie is nie slegs vir sommige kategorieë, tipes of groepe mense nie - dit is vir elke homo sapiens en die totale menslike ras.
Die Evangelie is nie 'n opsionele ekstra vir mense wat godsdienstig ingestel is of wat emosionele krukke nodig het nie - dit is die enigste weg om jou doel in die lewe te vind! Die alternatief is 'n onvervulde lewe - hoe welvarend en belangrik jy ookal mag wees - en die ewige dood, vervloeking en verwydering van die teenwoordigheid van God!
Jy is fisies gebore as 'n sondaar omdat jy 'n sondige natuur van Adam en Eva oorgeêrf het as gevolg van die sondeval. Jy is gevolglik in 'n gebroke verhouding met God en onder die oordeel van God gebore. Jou probleem is dus nie alleen dat jy sonde gedoen het nie, maar dat jy 'n sondaar is! Rom 5:12: "Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het .." Rom 3:23:  "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, ..."

Jesus Christus het die volle straf vir jou sonde betaal aan die Kruis van Golgota met Sy bloed deur Sy deur dood en opstanding uit die dood. As gevolg van Sy verlossende werk aan die Kruis kan jy geregverdig word en met God versoen word. Hierdie versoening en regverdigmaking is 'n gratis geskenk aan jou van God deur Jesus Christus. Rom 5:18:  "Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe." Ef 2:8,9: "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."

Hierdie gratis geskenk van God moet deur jou ontvang word deur 'n vrywillige reaksie van jou eie Wil deur geloof in gebed; waarna die wedergeboorte sal volg as 'n daad van God en bewys van jou aanvaarding deur Hom as Sy kind. Joh 1:12: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; .."

Hierdie vrywillige reaksie van jou Wil deur geloof in gebed moet minstens hierdie drie elemente bevat:

BELYDENIS
- dat jy 'n sondaar is, dat jy gesondig het, en dat jy oppad is na die ewige dood en dit verdien - 1 Joh 1:8,9: "As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."

BEKERING - jy moet jou rug draai op jou sondige lewe en gewillig wees om daarmee te breek - Han 3:19: "Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, ..."

GELOOF - jy moet ten volle glo in die Here Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser en Here en Hom vertrou om jou te red van die straf, maar ook van die mag van sonde. Jy moet Hom ten volle vertrou met jou hele lewe - Heb 11:6: "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek."

As enige een van die bostaande drie elemente ontbreek, sal wedergeboorte nie plaasvind nie.
Dierbare Here Jesus Christus, dankie dat U aan die Kruis van Golgota in my plek gesterwe het.

Ek bely dat ek 'n verlore sondaar is wat U redding, vergifnis en reiniging nodig het.

Vergewe asseblief my sonde en reinig my hart deur U kosbare bloed.

Kom woon in my hart en maak my U kind.
Kom herstel U doel in my lewe.

Ek neem U hierdie oomblik aan as my persoonlike Verlosser en Here.

Ek neem U op U Woord deur geloof en ek dank U dat U my gebed geantwoord het!

Amen.
Het jy hierdie gebed gebid?

Dan het jy so pas die eerste en belangrikste stap geneem in die ontdekking en vervulling van jou Godgegewe droom en doel! As jy hierdie gebed gebid het, was dit in antwoord op gebed! Ons het vir jou gebid! God het ons gebede geantwoord. Sien jy die krag van gebed? Ons wil jou graag aanmoedig om die krag van gebed te verken deur jou eie gebedslewe.

Ons wil egter voortgaan om vir jou te bid. Ons wil die Here vra om jou te help om te groei in Sy genade en in Sy krag. Ons wil jou ook help om te groei deur aan jou geestelike materiaal te stuur om aan die hand van die Bybel te lees. Ons wil ook die Dissipelmaker, 'n maandelikse publikasie vir groeiende Christene aan jou stuur per epos.

Voltooi asseblief die onderstaande vormpie om jou naam op die Groei Gebedslys te plaas en in te teken op die Dissipelmaker. Daar is geen koste aan verbonde nie!
Deel 2

God het 'n groot en heerlike droom vir jou lewe!
Hoe Om Jou Godgegewe Droom Te Vervul!
In Deel 1 van ons artikel het ek jou aandag gevestig op die feit dat as jy 'n lid is van die menslike geslag (homo sapiens), jy 'n afstammeling van die Koninklike Familie is - nie sommer enige koninklike familie nie - DIE KONINKLIKE FAMILIE. Die 'bloed' van God die Skepper van die heelal 'vloei deur jou are'.

Die groot vraag is nou, as dit so is, waarom is hierdie wêreld in so 'n gemors? Waarom is daar lyding, siekte, armoede, oorlog en konflik, misdaad, MIV en VIGS, besoedeling, mislukking en elende reg rondom ons. As jy en alle ander mense prinse en prinsesse van God die Skepper is, waarom leef jy en die meeste mense in geestelike, emosionele en/of fisiese armoede?

Hier is die rede waarom jy nie van nature God se droom vir jou lewe verwesenlik nie...

Die Bybel gee vir ons die antwoord op hierdie vraag in Genesis hoofstuk 3. Hier lees ons die verhaal van die sondeval. Die verhaal van die sondeval verduidelik vir ons hoe Adam en Eva hulle Goddelike status verloor het toe hulle ongehoorsaam geword het aan God in die Paradys, en hoe hulle onderworpe geraak het aan die sataniese orde. God het die aarde vervloek as gevolg van die sondeval en Adam en Eva uit die Paradys uitgejaag.

Die Bybel vertel ons nie baie van die oorsprong van Satan nie, maar vertel ons genoeg van sy karakter en missie om te verstaan waarom die menslike ras sy Goddelike en Koninklike status verloor het. Uit verskeie gedeeltes van die Bybel kan ons aflei dat Satan eers 'n belangrike engel in diens van God was. Hy het toe hoogmoedig en verwaand geword en wou self God wees. Hy het toe teen God gerebelleer en het homself as 'n vyand van God gestel. As die outeur van sonde, fokus hy sy krag daarop om die skepping te regeer in plaas van God. (Lees Jes 14:12,13,14,15; Jes 24:21; Jes 34:4)

Satan het dit toe reggekry om ons voorouers, Adam en Eva te versoek en te mislei sodat hulle in sonde geval het. Die gevolg hiervan was dat die hele wêreld en die ganse menslike ras onderworpe geraak het aan die heerskappy van Satan en sonde. Die eenvoudigste definisie van sonde is ongehoorsaamheid aan God.

As 'n intelligente mens geskep na die beeld van God, kom die vraag moontlik by jou op, hoe op aarde het Satan dit reggekry om as t' ware God se aardse heerskappy te steel; waarom het Adam en Eva onderworpe geraak aan Satan se gesag eenvoudig omdat hulle gereageer het op sy misleiding en verleiding; en waarom is die hele menslike ras daardeur geaffekteer en nie slegs Adam en Eva nie?

Die antwoord op hierdie vraag is nogal ingewikkeld en eintlik 'n hele onderwerp op sy eie. Ek gaan tog probeer om hierdie antwoord vir jou in 'n neutedop te gee, aangesien ek weet dit belangrik vir jou is om dit te verstaan, veral as jy 'n vraende intellek het soos ek. Die Christelike geloof is nie gebaseer op 'n paar feestorietjies waarvan die 'slang in die Paradys' een is nie! Die Christelike geloof is gebaseer op konkrete feite, wat wanneer mens dit verstaan, die weg baan vir 'n lewende geloof.
Neem nou 'n stap van geloof!

Dis eenvoudig! As jy die eenvoudige gebed hieronder bid in opregtheid en met erns deur jou rug te draai op jou sondige lewe, sal jy weergebore word en die Heilige Gees sal in jou gees kom woning maak. 'n Ander manier om dit sê is, Jesus Christus sal in jou hart kom woon.

Jy kan ook in jou eie woorde bid, maar dit is belangrik dat jy reg sal bid en dat jy sal bedoel wat jy sê. Jesus het gesê: ".. Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie."  Joh 6:37.
(NAV)
© Kopiereg 2011 E D Grobler. Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |
'Hoe Om Jou Drome Te Vervul' is 'n program van Sending Sonder Grense, 'n internet evangelisasiebediening van Scripture Educational Programs, 'n inter-denominasionele dissipelskap- bediening onder leiding van Elmer en Nansie Grobler. Vir meer besonderhede besoek ons webblad:
sepprograms.com
Die feit dat die menslike ras na die beeld van God geskep is, gee vir ons ons eerste leidraad. Omdat die mens geskep is na die beeld van God, anders as enige ander geskape wese, is ons - net soos God - 'n drie-eenheid. Die mens is drie in een - liggaam, siel en gees. Weer eens, die onderwerp van liggaam, siel en gees is 'n uitgebreide onderwerp en ons kan hier slegs aan die oppervlakte raak.

My liggaam verteenwoordig my wêreld- of fisiese bewustheid, en bestaan uit my sintuie. My siel verteenwoordig my self-bewustheid, dit is my persoonlikheid en natuur, en bestaan uit my Wil, Intellek en Emosie. My gees verteenwoordig my geestelike bewustheid en is die area waar ek met God en die geesteswêreld kommunikeer.

Dus, toe Adam en Eva toegegee het aan Satan se versoeking, het hulle Satan doelbewus gehoorsaam teenstrydig met God se opdrag, waardeur Satan 'n vastrapplek in hulle siel (persoonlikheid of natuur) verkry het. (Die Bybel praat dikwels van die siel as die hart van die mens.) Die gevolg hiervan was dat Adam en Eva se natuur korrup geword het. Waar hulle voorheen geen bewustheid van, en geen begeerte na sonde gehad het nie, het hulle nou 'n innerlike geneigdheid om te sondig ondervind. Om 'n sondige natuur te hê beteken om 'n ingebore geneigdheid te hê om aan God ongehoorsaam te wees, dit wil sê om jou eie ding te doen en jou eie pad te loop.

Die enigste manier waarop hierdie toestand omgekeer kon word is deur die mens se hart en siel (Wil, Intellek en Emosie) vrywilliglik deur 'n wilsbesluit van die mens self, van Satan weg te neem en aan God oor te gee. God kon dit nie eensydiglik doen sonder om die mens se soewereine Wil te skend nie. Dit sou teen Sy karakter wees - want Hy het die mens na Sy beeld geskep, as 'n soewereine entiteit met 'n Wil van sy eie!

God is volmaak heilig en regverdig, (dit beteken dat God sonde haat en geen kompromie daarmee tref nie), en om sy geregtigheid en heiligheid te bevredig het Hy Adam en Eva uit die Paradys verban, die aarde vervloek, en die mens onderwerp aan die ewige doodstraf. Adam en Eva is aanvanklik (net soos God) geskep om ewig te lewe. Die sondeval het egter die straf van die dood oor hulle en hulle nageslag gebring.

Ons tweede leidraad kom egter van die feit dat God Adam en Eva geskep het met die doel om te vermenigvuldig. God se bedoeling met die skepping van Adam en Eva was dat hulle moes vermenigvuldig en 'n nageslag vir God moes verwek na Sy beeld, soos hulleself. Sodoende sou God 'n Koninklike Familie en Koninkryk vir Homself na Sy eie beeld verwek. Die sondeval het egter  veroorsaak dat Adam en Eva nou 'n nageslag na hulle eie gevalle beeld verwek.
Ek moet ongelukkig nou vir jou 'n prentjie skilder wat nie baie aangenaam is nie. Maar gelukkig is dit nie waar die Bybel ophou nie - dis net waar die Bybel begin! Gelukkig is dit nie die eindpunt nie - dis net die beginpunt! Hierdie is die probleem, maar daar is 'n oplossing!

Om die oplossing te kan verstaan moet jy egter die probleem reg verstaan. Om by die regte eindpunt aan te kom, moet jy by die regte beginpunt begin. Die rede waarom baie mense in die wêreld vandag wat hulleself Christene noem nie by die ware oplossing uitkom wat hulle voorgee om te bely nie, is omdat hulle by die verkeerde beginpunt begin.

Jy sien, vir so lank as jy dink jy's OK, begin jy by die verkeerde plek. Vir so lank as jy dink dat jy eintlik nie so 'n slegte mens is nie, gaan jy van 'n verkeerde veronderstelling uit. Vir so lank as jy dink dat omdat God jou gemaak het Hy jou aanvaar net soos jy is, leuen jy op 'n misleiding. Vir so lank as jy dink dat omdat jy gedoop, lidmaat van 'n kerk, 'n kerkraadslid, of 'n dominee of pastoor is jy aanvaarbaar vir God is, steun jy op 'n valse hoop. Vir so lank as jy dink dat omdat God jou liefhet hy jou sonde en jou sondige natuur sal verskoon en oorsien, maak jy 'n groot fout! Vir so lank as jy redeneer, God het my so gemaak en daarom het Hy my lief soos ek is, steun jy op 'n valsheid.

Die waarheid is omdat jy uit die nageslag van Adam en Eva gebore is, jy gebore is met 'n sondige natuur wat vir God verwerplik is. Jy hoor dit elke Sondag in die kerk: Jy is in sonde gebore en ontvang. Wat beteken dit? Hoe kan 'n baba in sonde gebore word as hy of sy nog nie eers een sonde gepleeg het nie? So gebeur dit: Jy is met 'n sondige natuur gebore wat NIE aan die beeld van God gelyk is nie! Die naakte waarheid van hierdie stelling is - God haat jou oorgeërfde Adam en Eva natuur, want dis nie hoe Hy jou gemaak het nie!
Hoe raak die sondeval jou?
Elke mens wat ooit op aarde gebore is en wat nog sal gebore word, word gebore met 'n gevalle sondige natuur - in 'n gebroke verhouding met, en verban uit die teenwoordigheid van God. Dit is die rede waarom die wêreld lyk soos dit lyk; en dit is die rede waarom die meeste mense op aarde hulle Goddelike bestemming en doel mis en onvervulde lewens lei.

Liewe vriend, tensy daar iets met jou oorgeërfde sondige natuur gebeur, sal jy jou Godgegewe droom nooit verwesenlik nie! Tensy daar iets met jou oorgeërfde sondige natuur gebeur, sal jy op die ashoop van onvervulde drome sterf! Jy mag hoe suksesvol en voorspoedig nou in hierdie lewe wees, maar tensy daar iets met jou oorgeërfde sondige natuur gebeur, sal jy op die ashoop van onvervulde drome sterf!

Eintlik moet ek eerlik met jou wees, die waarheid is nog skerper as dit. Omdat jy 'n afstammeling van Adam is, het God die ewige doodstraf oor jou uitgespreek. Jy is gedoem tot die ewige dood. Eintlik moet ek maar reguit met jou wees, jy is oppad hel toe - tensy daar iets met jou oorgeërfde sondige natuur gebeur! Want jy sien, God is besig om vir Hom 'n nageslag te versamel uit die nasies van die wêreld wat Sy beeld sal dra! En met die voleinding van die wêreld SAL God Sy skeppingdoel vir die wêreld bereik! Daar sal NIEMAND oorleef wat nie 'n beelddraer van God is nie!

Die Goeie Nuus! God het 'n volmaakte plan van herstel!

Hier kom ons nou by die goeie nuus. Dit word genoem die Evangelie van Jesus Christus. Die Evangelie van Jesus Christus word ook die Goeie Nuus genoem omdat dit bestaan uit die goeie nuus hoe om jou verhouding met God, jou Skepper, as prins en prinses van Die Koninklike Familie deur Jesus Christus die Messias en God die Seun, te herstel.

Ek dink egter dit is van pas voor ons verder gaan om 'n paar algemene misverstande uit die weg te ruim aangaande die Evangelie. Hier is 'n paar dinge wat die Evangelie NIE is NIE!
Ons het vroeër gesê God kon nie eensydiglik die sondeval omkeer sonder om die mens se soewereine Wil te skend nie. Dit sou teen Sy karakter wees - want Hy het die mens na Sy beeld geskep, as 'n soewereine entiteit met 'n Wil van sy eie!

Hoe sou God dit regkry om die sondeval te herstel sonder om kragtig in te gryp en die mens se soewereine Wil te skend? God het 'n volmaakte plan gehad. Die Bybel leer dat God hierdie plan reeds voor die grondlegging van die wêreld gehad het. (Ef 1:4; 1 Pet 1:17-20)
Dit is die wesenlike inhoud van die Evangelie!
Deur Sy plaasvervangende dood aan die Kruis van Golgota het Jesus Christus 'n volmaakte offer gebring en die volle prys betaal vir die sondeval, jou en my sonde, en die sonde van die hele wêreld. Daardeur het Hy God se regverdige eis dat sonde met die dood gestraf word bevredig, en deur Sy bloed wat gestort is het Hy aan God se wettige eise voldoen om die mens met God te versoen en die mag van sonde en Satan verbreek.

Deur Sy opstanding uit die dood het Jesus Christus die mag van Satan verbreek wat mag oor die dood gehad het, en hom wettiglik gestroop van sy gesag en mag oor die menslike ras, terwyl Hy as oorwinnaar getriomfeer het oor sonde, Satan, die dood en hel! Terselfdertyd het Hy ook God se skeppingsdoel vir jou en my en ons ewigheidsposisie as mede-erfgename en Bruid van Christus kom herstel.

Joh 3:16,17: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word."

Fil 2:5-11: "Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader." (NAV)

Op 5:9: "Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers."

Hieruit vloei daar veral twee groot gedagtes voort wat die moeite werd is om te noem. Die eerste is dat wanneer 'n mens die prentjie kry van God se plan om die sondeval te herstel, staan jy nie alleen verstom oor die geniale en briljante inhoud daarvan nie, maar jy staan verstom en verwonderd dat God jou en my so lief gehad het om tot so 'n drastiese stap oor te gaan om dit aan jou en my te bewys!
God bou Sy Koninkryk deur die vrywillige Wilsoorgawes van Sy skepsels deur so 'n intense demonstrasie van Goddelike liefde dat selfs die gehardste misdadiger daaronder sal buig!

Nou is die vraag, hoe kan jy jou verhouding met God wat deur die sondeval verwoes is, herstel? Die antwoord is deur geestelike geboorte. Jy moet weer gebore word. Jy moet 'n tweede keer gebore word. Jy moet uit God gebore word! Jy moet in die familie van God ingebore word. Daar is geen ander weg nie!

Die geheim van die twee geboortes

Jesus het vir Nikodemus gesê: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."  (Joh 3:3)

Daar is twee geboortes - 'n fisiese geboorte en 'n geestelike geboorte. Fisiese geboorte is die begin van fisiese lewe - die geestelike geboorte (of wedergeboorte) is die begin van geestelike lewe en 'n persoonlike verhouding met God. Jy moet twee keer gebore word, fisies sowel as geestelik, om die ewige lewe deelagtig te word. Onthou dat ons vroeër gesê het die mens is as 'n drie-eenheid geskep - liggaam, siel en gees. Toe jy fisies gebore is, is jy gebore met 'n dooie gees as gevolg van die sondeval. Jou gees moet gebore en lewendig word om met God gemeenskap te kan hê.

Geestelike lewe begin in 'n persoon die oomblik wanneer hy of sy geestelik- of weergebore word, net soos fisiese lewe begin die oomblik wanneer 'n mens fisies gebore word. Op presies dieseflde wyse dat 'n mens begin om fisies asem te haal by fisiese geboorte, so begin 'n mens om geestelik asem te haal met wedergeboorte.

Op presies dieselfde wyse dat 'n mens weet dat jy op 'n bepaalde dag fisies gebore is, so weet 'n mens dat jy geestelike gebore is op 'n bepaalde dag. Dus, as jy nie seker is of jy weergebore is nie, dan is jy nog nie weergebore nie, want as jy is, sal jy dit weet!

Hoe word 'n mens weergebore?

Deur geloof! Deur geloof in die verlossingswerk van Jesus Christus aan die Kruis! God is die enigste persoon wat in staat is om die mens se gees lewend te maak, en geloof is die katalisator wat iets menslik ondenkbaar verander in geestelike realiteit.

Geloof in Jesus Christus is die enigste metode wat God ingestel het waardeur die gevalle mens sy verlore Koninklike posisie kan herstel. Waarom geloof? Want geloof sluit alle menslike inspanning uit! Geloof sluit alle menslike prestasie en meriete uit. Geloof skeer alle mense onder dieselfde kam.

Jy kan nie jou eie dooie gees lewend maak nie! Jy kan nie jouself red nie! Jy kan nie jou posisie as prins of prinses van God verdien deur enige prestasie van jou kant nie. Geen mate van goeie werke, liefdadigheid, mildadigheid, hulp aan die armes, of watter goeie daad jy ookal aan kan dink, kan ooit vir jou 'n persoonlike verhouding met God verdien nie! Daar is slegs EEN weg - en dit is deur geloof in Jesus Christus!

'n Laaste opmerking oor geloof. Daar is 'n verskil tussen passiewe geloof en aktiewe geloof. Passiewe geloof is 'n passiewe aanvaarding van 'n waarheid, terwyl aktiewe geloof 'n persoonlike toe-eiening van 'n waarheid vir jouself is deur 'n aktiewe stap van jou Wil.
Die rede waarom daar miljoene mense in die wêreld is wat hulleself Christene noem, maar nie die volle vreugde, vrede en doel van 'n christelike ervaar nie, is eenvoudig omdat hulle slegs 'n passiewe geloof het. Passiewe geloof sal jou net mislik laat voel. Dit is soos om te glo jy's die erfgenaam van 'n Koninklike boedel, maar jy gaan voort om in armoede te leef omdat jy nie geregistreer het as 'n erfgenaam en jou erfporsie in besit geneem het nie.

Hoe weet jy dat jy weergebore is?

Jy mag miskien nie die dag en datum onthou dat dit gebeur het nie (tensy jy dit neergeskryf het), maar jy sal sekerlik weet dat dit gebeur het. Die Bybel sê in Rom 8:16: "Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; .." En 'n mens kan nie 'n kind van God wees tensy jy uit Hom gebore is nie, net soos 'n mens nie jou ma en pa se kind kan wees tensy jy uit hulle gebore is nie.

Jy sal weet dat jy weergebore is wanneer jy 'n persoonlike verhouding met die Outeur van jou doel het! Wanneer jy Jesus Christus as jou persoonlike Here en Verlosser ontmoet, weet jy dat jy jou doel gevind het. Jy mag nog nie die besonderhede en inhoud van jou doel verstaan nie, maar jy sal weet DAT jy jou doel gevind het!

Dit is moontlik om baie godsdienstig te wees, om gedoop te wees, om 'n getroue kerklidmaat te wees, selfs om op die kerkraad te dien of 'n pastoor, dominee of teoloog te wees, sonder om weergebore te wees. Godsdiens en teologie moet nie verwar word met wedergeboorte nie! Die resultaat en simptome van wedergeboorte is geestelike LEWE - nie godsdiens en teologie nie!

Weet jy dat jy weergebore is? Is jy nie seker nie? Dan kan jy NOU seker maak! Wedergeboorte vind plaas in 'n oomblik deur 'n eenvoudige gebed in geloof gebaseer op 'n basiese begrip van die Evangelie soos aan jou verduidelik in hierdie program.

So kan jy weergebore word hierdie oomblik ...

Jy moet die volgende waarhede persoonlik aanvaar en glo:
Na Deel 1