Jesus Christus het jou Sy kind gemaak omdat Hy met jou wil trou! Dis geen grap nie! Jesus Christus wil in 'n heilige eg met jou verbind wees! Jesus Christus wil in 'n geestelike huweliksverhouding met jou staan!








Miskien is hierdie stelling vir jou vreemd. Ek behandel hierdie onderwerp in besonderhede in my boek, `As Jesus Vertoef Om Te Kom' as jy wil dieper te lees. 

Al daardie dinge wat ons hierbo genoem en gesę het dat dit nie God se primęre doel vir jou lewe is nie, is natuurlik nie onwaar nie - dit is net nie God se primęre doel waarom Hy jou gered het nie. Die primęre doel waarom Hy jou gered het is om deel van Sy bruid te wees en al daardie stellings is sekondęr tot God se primęre en hoogste doel!

In Op19:7 lees ons: "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak."

Wie is die Bruid? Die Bruid is die universele Kerk van Jesus Christus oor al die eeue - die 'ekklesia', die uitgeroepenes - al die Bloedgewaste kinders van God oor al die eeue heen wat hulleself gereed gemaak het vir die Bruilofsmaal van die Lam. Ons kan egter nie hier in besonderhede op die onderwerp ingaan nie.

Die hemelse huweliksverbond

Die feit van die saak is egter dat die skeppingsdoel van God in ewigheid, is die Bruid van Christus! Daarom is die eerste doel van God vir elke Christen om met Jesus Christus in 'n huweliksverhouding of eenheidsverbond te staan! Dit beteken dat elke Christen by 'n plek in sy of haar lewe moet kom waar jy 'n algehele en onvoorwaardelike oorgawe van jou hele lewe aan God maak en met die Heilige Gees vervul moet word. Net soos 'n bruid haarself weggee aan haar bruidegom voor die kansel en haar eie identiteit verloor deur haar bruidegom se van aan te neem en met sy gees, lewe en liefde vervul word met hul huwelik - net so moet dit ook ook gebeur tussen die weergebore kind van God (die bruid) en sy of haar Bruidegom (Jesus Christus).

Of hierdie huwelik nou plaasgevind het met wedergeboorte of tydens 'n tweede of later ondervinding in jou lewe, is heel onbelangrik. Al wat belangrik is, is dat dit wel gebeur het en dat jy die getuienis van die Heilige Gees in jou hart het dat jy met die Gees van God vervul is - dat jy in 'n huweliks-verbondsverhouding met God staan. As jy nog nooit 'n algehele en onvoorwaardelike oorgawe van jou hele lewe aan God gemaak het, en die getuienis in jou hart het dat jy met die Heilige Gees vervul is nie, nooi ek jou uit om op hierdie skakel te klik en dan werk ons hierdie saak saam deur.

Nou kan jy die Here vertrou om aan jou die beroep, werk, of taak te openbaar waar Hy jou wil gebruik, as Hy dit nog nie gedoen het nie. God het ’n besondere taak, missie en roeping in hierdie lewe vir jou wat net jy kan vervul! Dit is nie slegs voltydse Christelike werkers wat ‘n roeping het nie - elke kind van God het ‘n spesiale roeping! Miskien roep Hy jou in besigheid of ‘n sekulęre beroep of werk; miskien roep Hy jou in ‘n voltydse Christelike bediening of as ‘n sendeling. Die enigste verskil tussen die werk van 'n gelowige en 'n ongelowige is dit - vir die gelowige is dit 'n roeping (as hy weet dat hy in die wil van God vir sy lewe is) - terwyl dit vir die ongelowige slegs 'n beroep is!

Hoe weet ek wat God se wil en doel vir my lewe is? Rom 12:1,2 gee vir ons die sleutel: “En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige węreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.(NAV)(Beklemtoning my eie.)
Hierdie doel is gladnie wat jy dink nie! Ek wil sommer uit die staanspoor 'n paar misverstande uit die weg ruim.
Nou-ja, nou dat ek jou volle aandag het kan ons voortgaan. Maar voor ons verder gaan, wil ek jou eers 'n vraag vra. Is jy absoluut seker dat jy 'n kind van God is? Het jy 'n getuienis van wedergeboorte? Het jy die getuienis van die Heilige Gees in jou hart dat jy gered is en dat as jy op hierdie oomblik sou sterf jy gereed is om in die teenwoordigheid van God te verskyn? Weet jy dat jou sonde vergewe is en dat die Here Jesus jou hart en lewe gereinig het met Sy bloed? As jy twyfel, nooi ek jou om op hierdie skakel te klik sodat ons saam eers hierdie kwessie kan vasmaak. Dit wat ek vervolgens met jou wil deel sal vir jou van geen waarde wees tensy jy absoluut seker is van jou Goddelike kindskap nie.

Nou dat jy absoluut seker is dat jy ‘n kind van God is, laat ons weer die punt optel.
God het 'n heerlike en hemelse doel en roeping vir jou lewe as Christen hier op aarde!
Ek praat nie hier van ‘n wettiese of slaafse navolging van een of ander stel reëls of wette nie - ek praat van `n posisie wat jy moet inneem in geloof, waarna die Here sy wil vir jou lewe aan jou sal openbaar volgens Sy belofte in Rom 12:1,2.

Dan is daar natuurlik ook nog die aspek van voorbereiding. Afgesien van formele opleiding waar dit nodig is, stuur die Here elkeen van Sy kinders deur ‘n spesiale ‘skool’ van Sy eie om ons voor te berei vir die besondere taak wat Hy vir ons persoonlik het. Heel dikwels is dit ’in-die-werk’ opleiding. Hoe groter die taak, hoe langer en moeiliker die opleiding. Beproewing vorm ‘n sentrale element van hierdie opleiding, want daar is sekere dinge wat ons net deur beproewing leer. Ons kan egter nie nou in besonderhede op hierdie onderwerp ingaan nie.

Daar is egter ‘n baie spesiale faset van God se doel en plan vir jou lewe wat ek vervolgens aan jou wil verduidelik.


Die verband tussen die Bruid en die wederkoms van Jesus Christus


Daar is twee belangrike aspekte omtrent die Bruid van Christus wat ons moet verstaan. Die eerste is dat die Bruid van Christus die finale produk van God se skeppingsdoel is. Ons het hierbo gesę dat die Bruid die universele Kerk van Jesus Christus oor al die eeue is - die 'ekklesia', die uitgeroepenes - al die bloedgewaste kinders van God oor al die eeue heen wat hulleself gereed gemaak het vir die Bruilofsmaal van die Lam. (Vergelyk byvoorbeeld Jesus se gelykenis van die vyf dwase en vyf wyse maagde in Mat 25:1-12.)

Wat egter belangrik is om te verstaan is dat die Kerk nog nie die Bruid is nie - sy word eers die Bruid met die wederkoms van Jesus Christus. Met ander woorde, solank die Kerk nog onvolledig, onvoltooid, en hier op aarde is, is sy nog nie die Bruid nie. Die Kerk is slegs die Bruid in wording.

Die Bruid sal die voltooide Kerk soos en met die wederkoms van Christus wees. Die wederkoms van Christus is dus die eindpunt - die 'grand finale'. Met die wederkoms van Christus gaan die groot Gala-geleentheid van die Bruilofsmaal van die Lam plaasvind wanneer die Bruid finaal met die Bruidegom verenig gaan word. Die wederkoms van Jesus Christus is dus die Christen en die Kerk se doelpale - die wenstreep!

Die wederkoms van Jesus Christus moet dus die Christen en die Kerk se hoogste visie wees! Die Christen en die Kerk se fokus moet op die wederkoms van Jesus Christus wees!














Dit is ongelukkig so dat die wederkoms van Christus waarskynlik een van die mees kontroversiële onderwerpe in die Bybel is omdat so baie dit al misbruik het om voorspellings te maak wat nooit gerealiseer het nie. Maar moenie toelaat dat valse profete jou fokus verander nie! Moet toelaat dat valse profete jou wederkomsywer, -verlange en -verwagting laat kwyn nie. Moet ook nie toelaat dat dogmatiese verskille van kerkgroepe jou verwar en jou ywer vir die wederkoms laat verflou nie! Dit is presies wat Satan wil hę! As die duiwel dit kan regkry om die Christen en die Kerk se wederkomsverwagting te ondergrawe, dan het hy dit reggekry om die Christen en die Kerk se ware doel, visie en missie te ondermyn! Moenie toelaat dat hy dit met jou doen nie!

Die tweede aspek wat belangrik is om te verstaan met betrekking tot die Bruid is dat sy verteenwoordigend sal wees van elke volk, stam en taal in die węreld! Ons lees byvoorbeeld in Op 5:9: “U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, ..”

Met ander woorde, vir solank daar nog volke, stamme en taalgroepe in die węreld bestaan wat nog onbereik is met die Evangelie, is die Bruid onvoltooid en kan die wederkoms van Jesus Christus nie plaasvind nie - want die doel van Jesus se wederkoms is om met Sy Bruid verenig te word. Miskien is hierdie gedagte vir jou vreemd. Weereens, hierdie onderwerp word in besonderhede behandel in my boek, ‘As Jesus Vertoef Om Te Kom’.

God se primęre doel met jou lewe hier op aarde
© Kopiereg 2012 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |
God het jou nie primêr Sy kind gemaak om eendag hemel toe te gaan nie.
God het jou nie primêr Sy kind gemaak om jou van die hel te red nie.
God se doel vir jou lewe hier op aarde is nie primêr om van hierdie wêreld 'n beter plek te maak nie.
God se doel vir jou lewe hier op aarde is nie primêr om God se liefde in hierdie wêreld uit te dra nie.
God se doel vir jou lewe hier op aarde is nie primêr om kerk toe te gaan en by die kerk betrokke te wees nie.
God se doel vir jou lewe hier op aarde is nie primêr om suksesvol in jou besigheid of beroep te wees nie.
Na:
Bron: http://www.frontierharvestministries.net/WorldMissionStatistics.dsp
Die Here roep jou nie noodwendig om voltyds te gaan sendingwerk doen nie, maar Hy het ‘n baie spesiale rol vir jou wat net jy kan vervul! Al wat Hy van jou vra is jou beskikbaarheid. Daar is baie maniere hoe jy betrokke kan wees, maar ek gaan hierna slegs een baie eenvoudige, maar spesiale manier aan jou voorstel.















Jy sal dan herlei word na die volgende bladsy waar ek aan jou gaan verduidelik hoe jy 'n baie spesiale rol kan speel met betrekking tot die voltooing van Jesus se Groot Opdrag. Jy sal nêrens onder enige verpligting geplaas word nie en ons sal jou persoonlike inligting met die grootste vertroulikheid behandel!

Ek herhaal:
Hierdie is nie 'n boodskap van 'n bepaalde kerk of stroming nie. Geen geld nodig nie! Geen kredietkaart nodig nie! Geen verpligting nie! Geen verskuilde agendas nie! Niks om te verloor nie!
Herfokus
Van:
Ons het gesę dat die Bruid van Christus verteenwoordig sal word uit elke volk, stam en taal in die węreld, daarom volg dit logies dat die belangrikste taak waarmee elke Christen en die Kerk in die breë onsself mee behoort besig te hou, is die uitdra van die Evangelie na elke volk, stam en taal in die węreld! Jesus se Groot Opdrag is aan die Kerk - aan jou en my gegee - en hierdie opdrag lees soos volg: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies,.." Mat 28:19. Die oorspronklike woord wat as nasies vertaal is in Afrikaans is "ethnos" wat eintlik 'stam' beteken - 'n etniese groepering van mense wat dieselfde taal en kultuur deel.

Ek was nog altyd baie geďnteresseerd in die tekens van Jesus se wederkoms, maar ek het eers onlangs verstaan dat die belangrikste teken van die tye die voltooiďng van Jesus se Groot Opdrag is! Met ander woorde, as ons weet hoe ver of hoe naby ons aan die bereiking van elke volk, stam en taal met die Evangelie is, kan ons ook aflei hoe ver die wederkoms van Jesus nog in die toekoms is!

Maar weet jy, die wonderlikste ontdekking van my Christelike lewe was toe ek besef dat die tyd van Jesus se wederkoms eintlik in ons hande - die hande van die Kerk is - want Jesus het Sy Groot Opdrag aan die Kerk gegee! Hoe lank dit gaan neem om die Groot Opdrag te voltooi hang eintlik van ons af! Hierdie gedagte mag dalk ook vir jou vreemd wees, maar dink bietjie diep hieroor na. Toe hierdie waarheid tot my deurdring het 'n nuwe opgewondenheid by my posgevat en ek het besef dat ek eintlik my hele lewe lank nog my tyd gemors het op op sekondêre Christelike- en sendingaktiwiteite! Wat regtig saak maak is om so vinnig as moontlik die onbereikte węreld met die Evangelie te bereik!
(Nogal `n skrikwekkende gedagte vir ons wat in die geëvangeliseerde węreld woon!)

Hoe ver het ons reeds gevorder om elke volk, stam en taal in die węreld met die Evangelie te bereik?

'n Belangrike perspektief om te hę is dat die węreld verdeel kan word in drie sendingkategorieë, naamlik die Geëvangeliseerde Christelike Węreld, die Geëvangeliseerde Nie-christelike Węreld, en die Ongeëvangeliseerde Węreld. Hieronder sien jy 'n sirkelgrafiek van die huidige stand in die węreld. Let wel hierdie persentasies is rowwe ramings en verskil van bron tot bron. Die Joshua Project beweer dat ongeveer 41% van die węreld nog onbereik is omdat hulle die maatstaf gebruik dat 'n stam waarvan minder as 5% belydende Christene en minder as 2% evangeliese Christene is tegnies gesproke nog onbereik is.1
Dit is belangrik om te verstaan dat nie alle mense gered moet word voordat die Groot Opdrag voltooi sal wees nie. Nie eers die meerderheid in enige bepaalde dorp, stad, of gebied sal noodwendig gered word nie. Inteendeel, die Bybel leer vir ons op verskeie plekke dat die wat waarlik gered sal word ‘n klein minderheid sal wees. (Vergelyk byvoorbeeld Jesus se uitspraak oor die breë en die smal weg in Mat 7:13,14. Sien ook 2 Thes 2:3, 2 Tim 3 en Op 9:19,20.)

Die Groot Opdrag sal voltooi wees wanneer elke mens op aarde die geleentheid het om die Evangelie van Jesus Christus in `n verstaanbare taal te hoor, as hy dit wil hoor - al is dit slegs die getuienis van `n kerkgebou waarby hy verbystap of -ry oppad werk toe!
Net God weet waar die afsnypunt sal wees, maar vir solank as daar nog iemand in die węreld is wat nie ‘n geleentheid gehad het om die Evangelie te hoor nie, is Jesus se Groot Opdrag nog nie voltooi nie!

Dus, hoe sal ons weet wanneer Jesus se Groot Opdrag voltooi is? Wanneer daar ‘n evangeliese getuienis - ‘n gemeente, en minstens ‘n deel van die Bybel (of in druk, of in oudio) - binne bereik van elke mens in elke volk, taal, stam, en nasie bestaan.

Daar bestaan 16,655 etniese mensegroepe in die węreld. Hiervan word 7,026 nog as onbereik beskou wat 41,3% van die węreldbevolking verteenwoordig. Van hierdie 7,055 kom 2,218 in Indië voor.2

Dit is egter belangrik om die geheelprentjie te sien. Van hierdie 7,055 etniese groepe is 3,501 (50%) klein groepe van minder as 10,000 in bevolking, en al hierdie groepe saam verteenwoordig ‘n totale bevolking van slegs ongeveer 8 miljoen mense. Van die oorblywende 3,554 etniese groepe, het 1,364 groepe ‘n bevolking van minder as 50,000 mense. Dit laat ons met 2,190 etniese groepe met ‘n bevolking van 50,000 of meer. Dit is redelik om te aanvaar dat wanneer laasgenoemde etniese groepe bereik is, hulle maklik die ander satalietgroepe sal kan bereik omdat daar etniese gelykhede bestaan.2

Die Nuwe Testament is reeds vertaal in 87% van die węreldbevolking se tale. Slegs 13% van die węreldbevolking moet nog ‘n Nuwe Testament in hul eie taal kry, maar hierdie 13% vereis 2,100 nuwe vertalings, terwyl 2,200 vertalings tans in die proses is. Wycliff Bybelvertalers het ‘n projek aan die gang wat beoog om ‘n Bybelvertalingsprojek in elke oorblywende taal teen die jaar 2025 van stapel te stuur. Dit word genoem die ‘Last Languages Campaign’.3

Gedeeltes van die Bybel, die Jesus film, Christelike radio, of Evangelie-opnames is reeds beskikbaar in 4,793 van die węreld se ongeveer 6,900 tale. Die totale hoeveelheid mense wat hierdie tale praat is 6,200,000,000 wat ongeveer 95% van die węreld se bevolking behels.4
Die grootste stuurders van sendelinge is nie meer soos in die ou dae, die westerse lande nie. Daar word beraam dat die volgende aantal sendelinge deur ontwikkelende lande gedurende die volgende 15 tot 20 jaar uitgestuur sal word: Latyns Amerika: 21,000; Nigerië: 15,000; Filippyne: 10,000; China: 50,000; (Suid) Korea: 30,000.5
Waarom is Jesus se Groot Opdrag nog nie voltooi nie?

Wanneer 'n mens besef dat die Heilige Gees reeds byna 2000 jaar gelede uitgestort is op Pinksterdag, en daar is steeds 41% van die węreldbevolking onbereik met die Evangelie, is die vraag wat by mens opkom, waarom neem dit so lank om die hele węreld te evangeliseer?

Daar is natuurlik verskeie redes hiervoor, maar die enkele belangrikste rede is Christene en die Kerk se gebrek aan dingendheid ten opsigte van die voltooiďng van Jesus se Groot Opdrag! Die voltooiďng van Jesus se Groot Opdrag is nie bo-aan Christene en die Kerk se prioriteitslys nie. Met die gevolg dat die sending met gebrekkige en oorskietbronne en -fondse die taak moet uitvoer!

Daar word gesę dat bykans 53% van die węreld se inkomste behoort aan 33% van die węreld se Christenbevolking.6 Die skrikwekkende feite is dat 99.9% van Christeninkomste bestee word op hulleself; 0.09% word bestee op die Geëvangeliseerde Nie-Christenwęreld, terwyl slegs 0.01% bestee word op die Ongeëvangeliseerde Węreld.6 Daar word verder gesę dat slegs 1 uit elke 10 buitelandse sendelinge werk in die Onbereikte Węreld, terwyl minder as 1% van alle geld wat Christene aan die kerk gee, op die Onbereikte Węreld bestee word!7

Dit is duidelik dat daar 'n radikale verandering in Christene en die Kerk se denke en houding ten opsigte van Jesus se Groot Opdrag sal moet plaasvind as ons die Onbereikte Węreld binne die afsienbare toekoms met die Evangelie wil bereik. Om hierdie rede het ons 'n projek van stapel gestuur met die naam Operasie Pylvak. Operasie Pylvak se doel is om Christene en die Kerk te mobiliseer om op die Onbereikte Węreld te fokus en sodoende die Bruid te help versamel uit die nasies. Ons sal later vir jou meer hieroor vertel.
Die vraag wat by jou mag opkom is, hoe kan ek as 'n individuele Christen 'n verskil maak? Weet jy, hierdie is juis die opwindendste van alles! Jy kán nie alleen 'n verskil maak nie - jou betrokkenheid is van kardinale belang! Jy kan Jesus se wederkoms vertraag deur jou onbetrokkenheid - of jy kan Jesus se wederkoms verhaas deur jou betrokkenheid!

Miskien dink jy, ek is betrokke in 'n sekulęre werk en ek het 'n gesin om te onderhou - ek kan nie sendingveld toe gaan nie! Die wonder van God se doel vir jou lewe is dat jy dit nie alleen daar kan uitleef nie, maar dit juis daar moet uitleef waar God jou geplaas het! Elmer, praat jy van iets anders as wat ek reeds weet en doen? Ja, ek praat van iets nuuts wat jy nog nie voorheen van geweet het nie!

Miskien dink jy, ek is klaar betrokke by aksies, ek kan nie by nog iets betrokke wees nie! Hoeveel tyd gaan dit van my vra? Dit gaan niks aan jou huidige betrokkenheid verander nie. Dit gaan niks meer van jou tyd vra nie - dit gaan slegs aan jou 'n nuwe doel, missie en fokus gee. Gaan dit my geld kos? Dit gaan niks meer van jou geld kos nie - dit gaan slegs aan jou 'n nuwe doel, missie en fokus gee!

Die titel van hierdie webblad is: Hoe Om God Se Doel En Roeping Vir Jou Lewe te Vind en Leef! Ons het reeds vir jou gewys hoe om dit te vind; jy leef dit deur die volgende jou hoogste lewensprioriteit te maak:
Jy sal slegs langtermyn en blywende vervulling hier op aarde vind as jy jou persoonlike doelwitte en prioriteite in harmonie bring met God se primęre doel vir jou lewe. As jy dit nie doen nie, kan jy hoe suksesvol wees hier op aarde maar jy sal aan die einde van jou lewe soos Salomo moet erken: “Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het -- en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie.” Pred 2:11.
Sal jy bereid wees om jou lewensdoel en -prioriteite aan te pas as die Here dit van jou vra? Sal jy bereid wees om tesame met jou en jou gesin se geestelike en kerklike welstand, die voltooiďng van Jesus se Groot Opdrag en die evangelisering van die Onbereikte Węreld jou hoogste doel te maak? Sal jy, as die Heilige Gees jou in jou hart hiervan oortuig, bereid wees om die volgende skuif in jou lewensprioriteite en persoonlike doelwitte te maak? (Skryf gerus jou persoonlike lewensprioriteite in volgorde neer soos hier onder.)
Bronne

1   Joshua Project. www.joshuaproject.net/joshua-project.php
2  Joshua Project. http://www.joshuaproject.net/great-commission-statistics.php
3  Wycliffe  Bible Translators - http://www.lastlanguagescampaign.org/LLC.aspx
4  Joshua Project. http://www.joshuaproject.net/great-commission-statistics.php
5  Joshua Project. http://www.joshuaproject.net/great-commission-powerpoints.php
6 Frontier Harvest Ministries. http://frontierharvestministries.net/WorldMissionStatistics.dsp
7  Joshua Project. http://www.joshuaproject.net/great-commission-powerpoints.php
Hallo daar! Dis weer ek, Elmer Grobler. Miskien wonder jy, wat kwalifiseer my om jou enige iets te leer omtrent die vervulling van jou doel as Christen ... Wel, laat ek eerlik met jou wees - etlike jare van doellose Christenskap! Die dag toe ek God se doel en roeping vir my lewe hier op aarde verstaan, het 'n nuwe dag in my Christelike lewe gebreek! Dit is my begeerte dat jy ook hierdie heerlike ervaring sal hê!
'Hoe Om Jou Godgegewe Doel Te Vind' is 'n internetprogram van Operasie Pylvak, 'n wêreldsendingprojek deur Scripture Eucational Programs, onder beskerming van Aksie 1:8. Vir meer besonderhede besoek ons webblad: www.sepprograms.com/pylvak.html
As jy nie outomaties herlei is na die volgende bladsy nie, klik hier.