Bankbesonderhede
Rekening naam: Aksie 1:8
(Vervang dubbelpunt met ’n spasie as die elektroniese bankdiens ‘n probleem daarmee het.)
ABSA (Montana) Kode: 632005 Reknr: 5260146779
Meld asb vir watter projek u bydrae bedoel is en u eie
(vir persoonlike bydrae) of gemeente se naam, bv:
Op PV / Pr KW - PD Botha / PPK Stlfntn
Aksie 1:8 is ‘n geregistreerde Nie-Wins Organisasie
NPO Reg Nr: 037-639
1. Operasie Pylvak is 'n projek wat ten doel het om die Kerk van Jesus Christus oor denominasionele grense heen te mobiliseer tot 'n doelgerigte gemeenskaplike poging van die hoogste prioriteit, om elke volk, stam en taal in die wêreld so vinnig as moontlik met die Evangelie van Jesus Christus te bereik, ten einde die weg te baan vir Jesus se wederkoms.
2. Operasie Pylvak bestaan in die eerste plek uit 'n belydenis. Mens kan dit ook 'n geloofsbelydenis noem, behalwe dat dit nie enige ander geloofsbelydenis vervang nie - dit is supplementêr daartoe.
3. Hierdie is nie deel van Operasie Pylvak se belydenis nie, maar 'n eenvoudige stelling van interafhanklikheid.
Dit kom neer op 'n eenvoudige waarheid, naamlik, dat ons slegs daarin sal slaag om die doel te bereik as ons mekaar se hande vat en met mekaar saamwerk in 'n band van eenheid saamgebind deur 'n gemeenskaplike doel!
Let wel, ons hoef nie ons individuele denominasionele identiteit prys te gee nie. Die basis van ons eenheid is ons gemeenskaplike doel.
4. Operasie Pylvak se missie is om in samewerking met alle rolspelers 'n doelgerigte wêreld-sendingplan te ontwikkel, in stand te hou, en daarvolgens te werk.
Dit behels in die eerste plek navorsing oor die onbereikte wêreld. Dit behels verder strategiese wêreldsending-beplanning; en dit behels ook die sluit van strategiese vennoot-skappe en netwerke met sendingorganisasies, aksies en rolspelers in die onbereikte wêreld.
5. Hierdie is 'n voorbeeld van hoe so 'n strategiese wêreldsendingplan daar uitsien. Die voorbeeld hiernaas is onvoltooid, maar bevat reeds die nodige basiese elemente.
Daar is vier vlakke. Op die boonste vlak vind ons die vennootgemeentes en -Christene wat die dryfkrag agter die plan is.
Op die tweede vlak vind ons die Sendingskakelliggaam wat die hele plan koördineer. Dit is Operasie Pylvak wat onder beskerming van Aksie 1:8 staan.
Op die derde vlak vind ons die sendingorganisasies en -bedieninge.
In die blou blokkies sien u die verskillende kategorieë van sendingbedieninge. Dit is van kardinale belang om die verskillende elemente in die sendingproses te identifiseer en te koördineer. Byvoorbeeld, voordat 'n mens 'n onbereikte groep kan bereik moet daar minstens 'n gedeelte van die Bybel in hulle taal beskikbaar wees, en moet die Evangelie oudiovisueel beskikbaar wees aangesien meeste van hierdie groepe ongeletterd is. Daar moet ook voorsiening gemaak word geletterdheidsopleiding, dissipelskapmateriaal en -opleiding, sowel as kerkplanting. Daar moet ook inheemse sendelinge opgelei en gestuur word. Dit is dus nie sommer 'n saak van 'n sendeling of meer ondersteun nie!
Op die vierdie vlak vind ons die onbereikte wêreld. Die Joshua Project en andere het reeds uitgebreide navorsing oor die onbereikte groepe van die wêreld gedoen. Dus is hierdie inligting reeds tot ons beskikking.

8. Operasie Pylvak se missie is verder om die Kerk te mobiliseer om deel te neem aan hierdie grootse poging deur vennootskappe met gemeentes van alle kerke te sluit.
Vennootgemeentes erken hul primêre verantwoordelikheid om Jesus se Groot Opdrag te voltooi; aanvaar gebeds-en ondersteunings-verantwoordelikheid; en aanvaar die verantwoordelikheid om uit gemeentebronne 'n finansiële teiken te stel om 'n persentasie van die gemeentelike inkomste te investeer om die Ongeëvange-liseerde Wêreld te bereik met die Evangelie.

9. Operasie Pylvak is van mening dat 'n gemeente wat verstaan dat voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag die Kerk se prioriteit is, daarna behoort te streef om 50% van haar inkomste op sending te bestee.
Area A op die sirkelgrafiek hiernaas verteenwoordig die Geëvangeliseerde Christelike Wêreld en dui aan die maksimum persentasie van die gemeentebegroting wat op hierdie area bestee behoort te word. (50%)
Area B verteenwoordig die Geëvangeliseerde Nie-christelike Wêreld, en dui aan die maksimum persentasie van die gemeente-begroting wat op hierdie area bestee behoort te word. (25%)
Area C verteenwoordig die Ongeëvangeliseerde Wêreld, en dui aan die MINIMUM persentasie van die gemeentebegroting wat op hierdie area bestee behoort te word. (25%)
Omdat ons besef dat hierdie teikens nie vir alle gemeentes op die korttermyn moontlik is nie, stel ons voor dat die gemeente vir haarself 'n 10-jaar of minder teiken stel, waartydens sy haar sendingbegroting met 'n minimum van 5% per jaar verhoog totdat sy die 50% teiken bereik. Ons noem hierdie die 50/50 Gemeente Finansiële Plan.
8. Die skyfie hiernaas dui ses goeie redes aan waarom dit vir enige gemeente voordelig behoort te wees om deel te neem aan Operasie Pylvak.
9. Die praktiese implikasie van Operasie Pylvak is dat elke deelnemende gemeente en individuele Christen op minstens twee vlakke betrokke is - deur gebedsondersteuning en deur finansiële betrokkenheid.
Elke gemeente besluit self oor die begroting wat sy will bewillig vir 'n Operasie Pylvak WêreldAandeel.
Individue wat lidmate by gemeentes is wat nie aan Operasie Pylvak deelneem nie maar op 'n individuele basis graag wil deelneem, kan dit doen deur 'n individuele Pylvak WêreldAandeel uit te neem.
Operasie Pylvak se begroting word deur Aksie 1:8 geadministreer. Elke deelnemende gemeente het inspraak in die Wêreldsendingplan op die forums en vergaderings wat gehou word.
Nou-ja, hier is die "bottom-line".
Hierdie is 'n persoonlike projek van my en nou praat ek nie namens Operasie Pylvak of Aksie 1:8 nie!

Ek het vroeër gesê dat jy 'n sleutelrol kan speel om met die hulp van Operasie Pylvak jou gemeente te mobiliseer om op die Onbereikte Wêreld te fokus! Nou gaan ek vir jou presies wys hoe om dit te doen.
Stap 1. Bid gereeld vir die Onbereikte Wêreld en vra dat die Here ‘n pad vir die Evangelie sal maak na elke volk, stam en taalgroep in die węreld. Bid ook vir jou gemeente dat die Here jou gemeente sal mobiliseer om die Groot Opdrag te help voltooi.
Stap 2. Bestel 'n addisionele eksemplaar van 'As Jesus Vertoef Om Te Kom' vir jou leraar(s) of gemeente- of sendingleier(s). Dit kos R60 per boek - posgeld ingesluit. (Ek sou graag vir jou soveel gratis boeke wou stuur as wat jy wil hê, maar kan dit ongelukkig nie bekostig nie. As jy regtig nie kan bekostig om vir nog 'n boek te betaal nie, laat my weet, dan stuur ek dit vir jou gratis.)
Epos my by pylvak@sepprograms.com om jou boek(e) te bestel. As jy jou besonderhede op die adreslys op die vorige bladsy ingevul het, verskaf slegs jou naam (voorletters) en van, en die aantal boeke wat jy verlang. Indien jou naam nie op hierdie lys verskyn nie, verskaf asseblief jou naam of voorletters en van, volledige posadres met die poskode. Jou sel- of foonnommer, jou eposadres, en die hoeveelheid boeke wat jy wil hê.
Dan moet jy 'n bankdeposito of elektroniese inbetaling maak vir die bedrag ter sprake in die volgende rekening: Scripture Educational Programs, FNB Tjekrekening Nr: 62324491141; Takkode: 250655 (Kolonnade Tak, Pretoria). Sodra jou inbetaling gemaak is sal ons jou boek(e) versend.
Stap 3. Wanneer jy jou boek(e) ontvang, maak seker dat jy dit vir jou gemeenteleier(s) vir wie jy dit bestem het, gee om te lees. Moet egter nie verskriklike reaksie verwag op jou mobiliserings-pogings nie, maar volg die volgende strategie:
Maak seker dat jy elke bydrae van jou tiendes en offergawes in 'n koevert plaas. Skryf op die koevert duidelik dat 25-50% van jou bydrae (skryf die presiese bedrag waarvan jy oortuig voel) vir Operasie Pylvak Wêreldsendingprogram (of 'n ander Ongeëvangeliseerde Wêreld Sendingprogram waarby jy of jou gemeente moontlik reeds betrokke is) moet gaan (Area A).
Skryf verder op die koevert dat die balans tussen 50% van jou offergawe en die bedrag wat jy vir Operasie Pylvak of die Ongeëvangeliseerde Wêreld bestem (skryf die presiese bedrag), moet gaan vir sendingprojekte in die Geëvangeliseerde Nie-christelike Wêreld (Area B), en die balans (skryf presiese bedrag) vir die gemeente (Area C). As jy spesifieke sendingbedieninge of sendelinge wil ondersteun, kan jy spesifiek wees. Jy kan ook spesifiseer dat jy Projek KuberWêreld met 'n bedrag wil ondersteun.
(Ek wil graag beklemtoon dat jy hierdie strategie slegs moet volg as jy in jou eie hart oortuig is dat wat jy op hierdie webblad gelees het die waarheid is en die Heilige Gees jou daarvan oortuig het.)
Stap 4. Volg op met Aksie 1:8 na 'n maand of twee, of hulle 'n bydrae van jou gemeente vir Operasie Pylvak of Projek KuberWêreld ontvang het.
Stap 5. Indien jy goeie rede het om te glo dat jy nie jou gemeente met jou bydrae kan vertrou nie, en dat jou gemeente ook geen erns maak met Operasie Pylvak of die 50/50 Gemeente Finansiële Plan soos hierbo beskryf nie, gee dan jou bydraes soos die Heilige Gees jou oortuig, direk aan die betrokke instansies en gee die balans vir jou gemeente.
Stap 6. Mobiliseer jou mede-lidmate om by die Ongeëvangeliseerde Wêreld betrokke te raak deur hulle na hierdie webblad te verwys. Versprei ook die skakel na hierdie webblad aan al jou vriende op Facebook, Twitter en ander sosiale- en selfoonprogramme waarby jy betrokke is.
Diegene wat nie internet toegang het nie kan jy mobiliseer deur aan hulle 'n eksemplaar van 'As Jesus Vertoef Om Te Kom' te gee. Hierdie webblad is ook as 'n boekie in drukvorm beskikbaar teen R15 per boekie, posgeld ingesluit. (Vra vir die Doelboekie.)
Dink bietjie mooi na hieroor: Jy kan 'n faktor wees om Jesus se wederkoms te verhaas! Jy kan 'n beduidende rol speel om te help om die Evangelie van Jesus Christus uit te dra na die Ongeëvangeliseerde Wêreld! Jy kan 'n spesiale instrument wees in die hand van die Here om die Groot Opdrag te voltooi! Jy hou die hele wêreld in jou hand! En net jy kan dit doen!
Op die vorige bladsy het ek jou vertel dat ons 'n projek van stapel gestuur het met die naam Operasie Pylvak. Operasie Pylvak se doel is om om Christene en die Kerk te mobiliseer om op die Onbereikte Węreld te fokus met behulp van ‘n doelgerigte en strategiese węreldsendingplan.
Jy kan 'n sleutelrol speel om met behulp van Operasie Pylvak jou gemeente te mobiliseer om die Bruid te help versamel uit die nasies!
Ek sal nou-nou presies vir jou wys hoe - dit is so eenvoudig soos roomys-eet! Maar dit is net jy wat dit kan doen! Voor ek egter daarby uitkom wil ek eers vir jou meer van Operasie Pylvak vertel.


6 en 7. Een van die projekte wat saam met Operasie Pylvak hardloop is Projek KuberWêreld. Operasie Pylvak is eintlik uit Projek KuberWêreld gebore.
Projek KuberWêreld is 'n internet evangelisasie en dissipelskap-bediening wat ten doel het om die hele wêreld met die Evangelie te bereik deur middel van die internet.
Projek KuberWêreld funksioneer in harmonie met die bogaande wêreldsendingplan en is deel daarvan.
Die internet het reeds ontluik in die wêreld se grootste sake- en sosiale ontmoetingsplek en meer as een derde van die wêreldbevolking is reeds op die internet. Deur middel van die internet kan ons ook lande bereik wat andersins geslote is vir die Evangelie en ons beskik reeds oor kosbare getuienisse.
Projek KuberWêreld beskik ook reeds oor 'n gebedslys van mense van regoor die wêreld wat op die internetprogram tot bekering gekom het, sowel as persone wat vir gebed gevra het om God se plan en doel vir hulle lewens te vind. Hierdie mense kom uit 81 lande soos u hier langsaan kan sien, waarvan 34 (in rooi) uit die 10/40 vensterlande afkomstig is, wat beskou word as die mins geëvangeliseerded lande van die wêreld.



'Hoe Om Jou Godgegewe Doel Te Vind' is 'n internetprogram van Operasie Pylvak, 'n wêreldsendingprojek deur Scripture Eucational Programs, onder beskerming van Aksie 1:8. Vir meer besonderhede besoek ons webblad: www.sepprograms.com/pylvak.html
© Kopiereg 2012 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |
Projek KuberWęreld
Lei die Here jou om ‘n spesiale of gereelde bydrae te
maak om die Bruid te help versamel uit die nasies?
Vir elke R200 wat jy bydra kan ons, met die hulp van
die Here, een persoon in die Ongeëvangeliseerde
Wêreld na Jesus Christus toe lei op die internet!
Weet jy van ‘n meer koste-effektiewe belegging in die Koninkryk van God?
(Dit word gesę dat die koste om een nuwe bekeerling in Mosambiek ('n arm land) te doop ongeveer R11,000 beloop!
In ryk lande is dit gemiddeld 700 keer hoër. (http://protected byjesuschrist.com/world-christian-news/baptism-costs))
Lees meer oor Projek KuberWêreld hier: www.sepprograms.com/wereld.html
Jy kan jou bydrae direk in die Aksie 1:8 rekening inbetaal (Sien bankbesonderhede hieronder.)
Merk asseblief jou bydrae duidelik:
PR KW - (Jou naam)
Deel 2