Daar was gister 48 nuwe name op ons gebedslys waarvan 19 persone 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het. Prys die Here! Ons gaan nou eers vir 'n paar dae die stop knoppie op ons internet uitreik druk en ons wy aan skryfwerk. Dankie vir julle gebede!
Vrydag 14 Oktober 2011
Daar het gister 54 soekende persone hul name op ons gebedslys geplaas waarvan 19 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het. Prys die Here! Baie van die bekeerlinge is van Ethiopia. 'n Mens kom agter daar is sekere lande wat absoluut ryp is vir die Evangelie. Drie van hierdie lande is Bangladesh, Fillipyne en Ethiopia.
Daar is nou in totaal 114 persone wat 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het terwyl nog 110 soekende persone hul name op die gebedslys geplaas het wat nog nie 'n oorgawe gemaak het nie. Hierdie mense het ons gebede dringend nodig! Wil julle nie saam met ons kom aanmeld by die Troon van Genade vir hulle nie!
Donderdag 13 Oktober 2011
Woensdag 12 Oktober 2011
Daar het gister 26 soekende persone hul name op ons gebedslys geplaas waarvan 15 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het. Die bekeerlinge is van Egipte, Ethiopia, Ghana, Nigeria, India, Azerbaijan en die VSA. Alle lof en aanbidding aan Jesus Christus wat besig is om Sy bruid te versamel uit die nasies!
Dinsdag 11 Oktober 2011
Vriende! Ek kry koue rillings (van opgewondenheid!) Ek het letterlik minder as 15 minute gelede die 'aktiveer' knoppie op Facebook geklik en 9 soekende persone het hulle name op ons gebedslys geplaas! Hulle is van Egipte, Ghana, Ethiopie, Indie en Nigerie.
Facebook is weer besig om sommige van ons advertensies goed te keur. Loof die Here! Dankie dat julle saam gebid het! Snaaks genoeg, hulle keur die identiese advertensie af net omdat die teikenland Frankryk is. Dit laat mens wonder wie en wat is die agenda van hulle wat die keuring doen?

Maar ons glo in die krag van gebed! Kom ons bid die wereld oop vir die Evangelie!
Daar is dusver 80 persone wat die Here Jesus aangeneem het as Verlosser vanuit lande regoor die wereld deur ons internet uitreike. Hulle geestelike groei is 'n groot las op ons harte! Ons bid vir hulle en stuur ook vir hulle geestelike materiaal, maar dis nie genoeg nie. Ons vra dat julle saam met ons vir hierdie bekeerlinge sal bid asb!

Hoe om hierdie mense in te skakel by 'n evangeliese gemeente is ons grootste uitdaging! Ons bid dat die Here mense/gemeentes/aksies sal opwek om saam met ons te werk om die oes in te samel vir die Koninkryk! Miskien praat die Here met jou, dan hoor ons graag van jou!
Maandag 24 Oktober 2011
Al kan ons nie op die oomblik lewendig op die internet gaan nie weens finansiële en administratiewe "brieke", is ons intens bewus van die Here se teenwoordigheid en hand op ons lewens en bediening. Aan Hom al die eer!

Ons sal die Dissipelmaker voortaan slegs in Engels publiseer. Die werkslas om alles wat ons skryf in Afrikaans te vertaal is net te veel - ons kan nie byhou nie! Ons gaan dus alle dissipelskap materiaal voortaan hoofsaaklik in Engels skryf. Bid asseblief saam met ons vir die salwing en toerusting van die Heilige Gees met ons skryfwerk.

Ons vertrou die Here om ons te help om die volgende Dissipelmaker (Christian Discipler) teen die einde van hierdie week te publiseer.

Daar is nuwe getuienisse en gebedsversoeke - loer asseblief!
Maandag 31 Oktober 2011
Die November uitgawe van die Christian Discipler is gepubliseer en uitgestuur. Jy kan dit hier aflaai as jy dit nie per epos ontvang het nie.
Woensdag 2 November 2011
Ons het hierdie epos ontvang van 'n Moslem persoon van Bosnia-Herzegovina. Hy het gelees tot by die plek waar hy 'n oorgawe moes maak, maar het nie daarvoor kans gesien nie.  U kan hieronder lees hoe ek hom geantwoord het. Bid asseblief vir sy redding.

"Dear Elmer, I just want to tell you that you made few good points on your webpage, i read it all through even though i am a muslim. :) All except the last prayer anyway. Well, just wanted to thank you for brilliant insight into christianity. I never figured before what trinity meant. :O Although i am still young, have many other things to learn about my religion, for which i, rest assured, think its right. Our religions aren't that different at all. One God is that what connects us. Selam. Best regards from Bosnia."

Dear Ben (nie sy regte naam nie)

Thank you so much for your friendly email.

The big question is, if the problem of the world is sin (as we explained in the Dreams program), and sin can only be atoned for by the shedding of blood (as explained in the Bible), you and I have to pay for our own sin with our own blood through death - unless! Unless we find a saviour to take the penalty for sin in our place. This saviour has to be perfect and without sin - otherwise he would be under the condemnation of sin himself. For this reason it cannot be a prophet, for no human being is without sin.

There is only one human being who ever claimed to be God at the same time and who meets the qualifications for a saviour - and that is Jesus Christ, or as you rightly understood from the Dreams program - God revealed in a human body, God the Son - who died for the sin of the world and rose again from the dead. The question you have to answer for yourself is: Is Jesus Christ who the Bible claims Him to be, or is He a fake? If He is who the Bible says He is, then you are confronted with a decision - and that decision is contained in the last prayer you have not prayed.

If you are interested in finding the truth, I suggest you visit this website, From Dreams To Reality:
<http://www.morethandreams.org/>. I am praying for you that God will reveal the truth to you!

Your prayer friend
Elmer Grobler
Die gesprek tussen my en 'Ben' van Bosnia-Herzegovina gaan voort en word al hoe meer interessant. Dit begin al soos 'n storie lees. Hier is die vervolg. My antwoord is onderaan. Om die agtergrond te verstaan moet u eers Woensdag 2 November 2011 se gesprek lees.

Sent: 02 November 2011 08:37 PM
To: Elmer Grobler
Subject: Re: How To Fulfill Your Dream

Dear Elmer,

Hahaa.. I knew you would try to convince me that your ways are correct. :P Well, sorry to disappoint you, i don't have slightest doubt about the ways of islam. Bible was changed and that's the true. For me there is one religion and that's islam. But i am open minded and i believe that some of christianty is true, and as long as you believe in One God that's good. I am sorry to see our society ruined by  the atheists and people who don't believe in anything. Your page is very well designed, i never knew it is associated with religion until it was too late to not read. First part is most intriguing and very fascinating. And don't try convince me in your next mail that Jesus is the truth and all that, i believe in Isa as. and Muhammed as. and my faith is firm. :) And just to shake up a bit your logic, i ask you this. Aren't we all gonna die, no matter if we believe or not? Answer is clear, we are gonna die and pay with our blood through death. You can exclude unless from your sentence. If you are good believer and a man, you are gonna go to heaven which you have deserved. So by my logic you cant take your second step on this world, you will become complete/without sin, when you die. And those unbelievers wont cure their sins even when they die, so they will rot in hell. I still believe that Creator is just and merciful and that all those who believe, do good deeds, and who are just, will enter heaven sooner or later, no matter of the religion they were. Sooner or later means that we shall have to pay for our sins in hell for awhile and then be granted access to heaven. I can only say that Qur'an is perfect book, never been changed and most people who read Bible and Qur'an are more fascinated with Qur'an and that's the fact.

Dear Ben (nie sy regte naam nie)

Thank you for your email. I enjoy your conversation and I respect your views. I appreciate your openness and your willingness to communicate with me.

Please do not misunderstand me, I am not trying to convince you simply because I think I’m right. You have clicked on my advert because you liked what I offered, and what I am offering is genuine and truthful! What I am saying is that I have discovered my destiny and purpose, and who I am - in Jesus Christ - and that fills me with supernatural peace, joy, purpose and fulfilment. I simply wish that everyone on earth may experience the same peace, joy and fulfilment I have found. 

The foundation of this peace and joy I am talking about is the fact that I am absolutely certain of my eternal destiny and my salvation because Jesus Christ paid the full penalty for my sin on the Cross of Calvary! There is no possibility whatsoever that I will have to pay for my sins in hell for a while because Jesus Christ paid the FULL penalty!

The secret of who I am in Jesus Christ, is founded in my discovery of who Jesus Christ is! Many people have tried to prove the Bible inaccurate and wrong from the earliest ages. Even Christian theologians are trying to do that. In fact there is a Christian theologian in my own country with three doctorate degrees in (Christian) theology who claims that the Bible is wrong, that Jesus Christ is not the Son of God and did not die on the cross of Calvary for the sin of the world. However, there is a saying that says: “The proof of the pudding is in the eating.” This simply means one is unable to judge the truth correctly unless you have tested it (by ‘eating’) - and the fact is that not a single person who has ever ‘eaten’ the truth of the Bible has ever denied it! Once you have ‘eaten’ the Bible you will know it is true!

For this reason millions of people all over the world are still discovering the truth of the Bible today in spite of all the efforts by people over the centuries to discredit it. In fact, one of the stories on this website, the story of Khalil, http://www.morethandreams.org/, is about this very same issue. But if you’re not sure whether I’m telling the truth, I invite you to visit the following website, where you will be able to see in real time a person somewhere in the world discovering the truth of the Bible EVERY MINUTE of the day. In fact 1354 people discovered the truth of the Bible YESTERDAY on this website alone: 
http://godrev.jesus.net/joy-in-heaven/

May God bless you!

Your prayer friend
Elmer Grobler
Vrydag 4 November 2011
Vrydag 11 November 2011
Ons internet uitreikprogram is nou weer onaktief omdat ons finansies uitgeput is.

Ons wil egter die Here loof en prys dat hierdie maand sover reeds 163 soekende persone hulle name op ons gebedslys geplaas het waarvan 71 'n oorgawe aan Jesus Christus as Verlosser gemaak het. Daar is nou 'n totaal van 408 name op ons gebedslys waarvan 197 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het. Aan die Here kom toe al die eer en heerlikheid. Jesus is besig om Sy Bruid te versamel uit elke volk, taal en nasie!

Ons het hierdie laaste paar dae gefokus op die mees onge-evangeliseerde en geslote lande. Van die 26 persone wat die laaste drie dae 'n oorgawe gemaak het is 11 van Nepal, 7 van Pakistan, 2 van Morocco, 2 van Bangladesh en een elk van Bhutan, Azerbaijan, Egipte, en Turkye.

Dit is interessant dat net bietjie minder as helfte van die bekeerlinge van die afgelope drie dae van Nepal is. 80.6% van Nepal se bevolking is Hindoes. Dit wys watter honger daar na die waarheid onder die Hindoes is.
Dinsdag 15 November 2011

Ons het kontak gemaak met 'n plaaslike leraar en evangelis in die Filippyne. Wat 'n wonderlike voorreg was dit nie om aan hom 21 name te kon voorsien van persone in die Filippyne wat hulle name op ons gebedslys geplaas het wat hy in hulle eie taal opvolg!
Vrydag 25 November 2011

Uitnodiging: Wêreldsendingbyeenkoms - 16 Desember 2011.

U word hartlik uitgenooi na 'n spesiale Geloftedag byeenkoms by ons aan huis waartydens ons gaan fokus op wêreldsending. By hierdie geleentheid gaan ons ook meer vertel van die Sending Oor Grense internet evangelisasiebediening en beplan DV om tydens die byeenkoms 'n lewendige demonstrasie te gee van hoe mense regoor die wêreld reageer op die Evangelie. Vir meer besonderhede besoek hierdie skakel.
14 Desember 2011

Die Desember 2011/Januarie 2012 uitgawe van die Christian Discipler is nou beskikbaar en kan afgelaai word by www.sepprograms.com/discipler.html.

Hierdie is 'n herpublikasie van die Sielkunde van die Bybel wat ons in die 1990's in die Dissipelmaker gepubliseer het. Ons publiseer dit weer in Engels omdat die oorgrote meerderheid van ons lesers nuwe bekeerlinge is wat hierdie lering broodnodig het.

Die skakel na die Christian Discipler word ook aan 201 bekeerlinge gestuur in lande regoor die wêreld, waarvan 73 gedurende November 2011 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het. 206 Soekende persone wat nog nie 'n oorgawe gemaak het nie verskyn ook op ons gebedslys. Bid asseblief saam met ons vir hierdie mense.
17 Desember 2011

Ons het gister 'n geseënde wêreldsending byeenkoms by ons aan huis gehad waartydens ons saam met 'n paar vriende gefokus het op die wesenlike inhoud van Geloftedag, naamlik ons missie as draers van die Evangelie na Afrika en die wêreld.

Met 'n beperkte begroting het ons 'n spesiale Geloftedag internet uitreik geloots en binne die eerste 60 MINUTE van ons vergadering het 49 soekende persone van regoor die wêreld hulle name op ons gebedslys geplaas, waarvan 23 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het! Toe ons later die middag die program moes "pause" omdat ons begroting uitgeput was, was daar 122 nuwe name op ons gebedslys, waarvan 60 persone 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het! Loof die Here! Die Here is besig om Sy bruid uit die nasies re versamel!

Hierdie kan elke Sondag (of elke dag) jou gemeente se  getuienis wees as julle sou belangstel om deel te wees van hierdie internet wêreldsending bediening! Skakel gerus met ons om uit te vind hoe ons met jou gemeente kan saam werk om die wêreld met die Evangelie te bereik dmv die internet! Kontak my by admin@sepprograms.com of 072-2022-744.
6 Februarie 2012

Ons dank die Here dat Hy my deur 'n moeilike tyd gedra het. Daarom kon ek nou eers weer op die webblad fokus. Ek was liggaamlik baie moeg en uitgeput en was intens bewus van die geestelike stryd waarin ons ons bevind op geestelike sowel as fisiese vlak. Die Satan haat hierdie bediening omdat dit 'n groot bedreiging inhou vir sy koninkryk! Ons het waarlik die gebedsondersteuning van die kinders van die Here baie nodig! Bid asseblief vir ons!

Alhoewel ons nog nie weer fondse gehad het om  'n internet veldtog te aktiveer nie, het die Here daarmee ook 'n doel. Ons kon wel voortgaan met opvolgwerk en die nuwe uitgawe van die Christian Discipler is ook gepubliseer. Die onderwerpe van hierdie uitgawe is: Biblical Psychology Part 2: The Psychology of the Sinful Nature, en The Battlefield of Prayer. U kan dit hier aflaai: www.sepprograms.com/discipler.html.

Daar is 19 nuwe getuienisse en 4 nuwe gebedsversoeke. Wanneer u die getuienisse lees moet u onthou Engels is nie hulle eerste taal nie en hulle sukkel soms om hulleself behoorlik in Engels uit te druk.

Plaas asseblief die gebedsversoeke op u persoonlike gebedslys.

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
5 Maart 2012

Die Here het die afgelope drie maande ons aandag telke maal daarop kom vestig dat hierdie bediening nie deur ons alleen bedryf kan word nie. Dit is een ding om siele te wen oor internet, maar dit is 'n heel ander saak om hierdie nuwe Christene op te volg, te dissipileer, by 'n gemeente te laat inskakel en vir hulle te bid.

Ons kan dit eenvoudig nie alleen doen nie - dit is 'n saak vir die Kerk van Jesus Christus in die grote. Nansie en ek bid tans reeds vir 568 persone en volg 266 nuwe Christene op. Die taak is vir ons alleen net te groot. Ons gaan dus geen verdere internet evangelisasie doen totdat ons nie 'n finansiële- en gebeds-ondersteuningsbasis het en daar nie een of meer gemeentes is wat saam met ons werk nie.

Dit is dan ook tans ons fokus om gemeentes en die Kerk in die breë te mobiliseer om hierdie bediening hul eie te maak en saam met ons die wa te trek. Ons is tans besig om met gemeentes en organisasies te skakel met die oog op 'n toekomstige samewerking. Bid asseblief saam met ons hiervoor.

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
15 Mei 2012

Liewe vriende

Daar het al weer twee maande verloop sedert ons laas van ons laat hoor het. Sommige van u het seker tereg gedink ons het verdwyn. Daar het egter so baie dinge hierdie afgelope twee maande gebeur en die tyd het so vinnig verloop dat ons net moes vashou om by te bly.

Ons het hierdie afgelope twee maande baie werk gedoen om ons voor te berei vir ons mobiliseringstaak. Verskeie vergaderings is gehou met ander instansies. Bande is gesmee met ander sendingorganisasies. Ons het dan ook 'n projek met die naam 'Projek KuberWêreld' begin wat onder die vaandel van Aksie 1:8 sal funksioneer.

Verder het ons 'n Powerpoint Aanbieding van 'Projek  KuberWêreld' voltooi vir aanbieding by groepe en gemeentes. Ons is beskikbaar om hierdie aanbieding by u gemeente of selgroep aan te bied. U kan ons kontak by admin@sepprograms.com of 072-2022-744.

Ons het ook bande gesmee met CAPRO Missions, 'n inheemse Afrika sending wat sy ontstaan in Nigerië gehad het in 1975. Hierdie sending het reeds 650 inheemse sendelinge, werksaam in 32 lande, onder 70 onbereikte etniese groepe vanaf Noord-Afrika tot by die Arabiese en Golfstate.

Dan is ons ook opgewonde oor waarmee die Here besig is op die Heartcry vergaderings.

Laastens, maar sekerlik nie die minste nie, het ek die afgelope twee maande geskryf aan 'n boek, 'When Revival Tarries'. Ons vertrou nou die Here om die deur vir ons oop te maak om die boek te kan publiseer. Terselfdertyd is ek besig aan 'n Afrikaanse weergawe van die boek. U kan die Engelse weegawe gratis aflaai by: www.sepprograms.com/publications/Whenrevivaltarries.pdf.

Bid asseblief vir ons vir leiding, oop deure, en finansiële ondersteuning en betrokkendheid. U kan 'n elektroniese weergawe van die Projek KuberWêreld brosjure elders op hierdie blad aflaai.

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
9 Augustus 2012

Liewe vriende

Ons het hierdie maand weer begin met ons aktiewe uitreike op die internet na 'n paar maande van onaktiwiteit op die internet. Dit beteken nie dat ons onaktief was nie - ons was net besig met 'n magdom ander werk (hoofsaaklik skryfwerk).

Ons fokus tans ons internet uitreike op die mins geëvangelieseerde en onbereikte lande in die wêreld. Uit die aard van die saak is die reaksie wat ons van hierdie lande kry ook baie kleiner en stadiger as wat ons in die verlede gekry het omdat hierdie almal mense is met 'n heidense agtergrond. Dit is selfs moontlik dat baie van ons besoekers vir die heel eerste keer in hulle lewe met die Evangelie kennis maak.

Bid asseblief baie vir ons!

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler