Scripture Educational Programs
Hoe groot is die geleentheid?



Die internet is besig om te ontluik in die węreld se grootste sake en sosiale ontmoetingsplek. Tot relatief onlangs was die internet slegs gebruik deur 'n selektiewe minderheid wat oor genoegsame rekenaar en internet geletterdheid beskik het. Die meeste internet gebruikers was heel tevrede om slegs 'n epos fasiliteit te hę. Hierdie situasie is egter besig om baie vinnig te verander.

Nuwe applikasies soos soekenjins, blogs, forums, sosiale media soos Facebook, Twitter, YouTube en vele ander voortdurend toenemende en ontwikkelende applikasies, bring nie alleen die internet in elke huis nie, maar maak dit 'n onmisbare instrument vir elke huishouding. Applikasies is nou selfs besig om radio, televisie en selfoon tegnologie te integreer met die internet.

Die onderwys is reeds besig om Rekenaargeletterdheid  op laerskoolvlak  te implementeer. Die VN het onlangs in 'n verklaring gesę dat teen 2015 skoolverlaters in Suider Afrika (of enige plek in die węreld vir wat dit werd is) nie sal werk kry tensy hulle rekenaar- geletterd is nie.
Ons Doel

Die doel van Sending Oor Grense is om die Evangelie van Jesus Christus regoor die węreld te versprei deur middel van die internet.

Die Gesig van Sending is Besig om te Verander ...

Die sendingveld van ons tyd is besig om te verander. Tot baie onlangs was die primęre metodes om die Evangelie te versprei beperk tot die stuur van sendelinge, gedrukte media, radio en televisie. Die internet groei egter teen 'n fenonominale tempo en die Kerk sal wys wees om kennis te neem van hierdie nuwe geleentheid om die Evangelie oor die węreld te versprei.

Fenominale Geleenthede ...

Sending Oor Grense is die eerste keer van stapel gestuur in September 2010 met 'n baie klein begroting. Binne die eerste 28 dae het 112 soekende persone van 18 verskillende lande (insluitende Iran) hulle name op ons gebedslys geplaas, waarvan 41 'n oorgawe aan Jesus Christus as Verlosser en Here germaak het.

Met behulp van die Dissipelmakerbediening en Kerk Oor Grense is ons doel om hierdie nuwe bekeerlinge te dissipileer en by 'n plaaslike gemeente in te skakel.
Gerdurende 2010 is gesę dat die aantal internet gebruikers vermeerder het met 444% sedert die jaar 2000. Teen 31 Maart 2011, ongeveer ses maande later, het hierdie syfer gestaan op 480.4% *
Gedurende 2010 het die aantal internet-gebruikers die 2 biljoen merk verbygesteek. Die syfer het inderwaarheid op 31 Maart 2011 reeds op 2,095 biljoen gestaan. Daar is 6,9 biljoen mense in die węreld wat beteken dat 30,2% van die węreld se bevolking reeds internet toegang het. *

Verbasend genoeg is dat die grootste aantal internet gebruikers nie in Amerika of Europa is nie, maar wel in Asię (44%). *
Gedurende September 2010 was daar reeds meer as 2 biljoen soeke PER DAG op Google gedoen! Gedurende dieselfde tyd was daar ook 1,8 miljoen soeke na "geluk" en 301,000 soeke na "vervulling" per maand op Google alleen.
Die sosiale internet media soos Facebook, Twitter, YouTube, ens., is besig om te groei teen 'n astronomiese tempo. In Augustus 2010 was daar reeds meer as 500 miljoen Facebook gebruikers węreldwyd - 3.2 miljoen in Suid-Afrika, 1.7 miljoen in Nigerië, 196,700 in Libië, 22 miljoen in Turkye, 2.7 miljoen in Israel, en 1.5 miljoen in Rusland.

Teen 30 Junie 2011 was daar reeds meer as 710 miljoen Facebook gebruikers wat 'n groei van 37% in 10 maande verteenwoordig! *

Dit is moontlik om byna elke nasie, ouderdomsgroep en vele taalgroepe met die Evangelie te bereik slegs op Facebook.
Kyk Bietjie na die Volgende Statistieke:
* Bron: Internet World Stats
Sending Oor Grense is 'n internet evangelisasie bediening waar ons daarop fokus om die węreld met die Evangelie van Jesus Christus te bereik deur die internet.
'n Internet evangelisasieprogram is ontwikkel waardeur ons 'n persoon op die internet tot 'n basiese begrip van die Evangelie, en daarna tot 'n punt van beslissing lei om Jesus Christus as Verlosser en Here aan te neem.
Verskeie platforms word gebruik soos Google, Facebook, Twitter en andere, waardeur dit vir ons moontlik is om byna enige groep mense in byna elke land van die węreld te bereik.
'n Christelike Internet Dissipelskap Bediening
God se Droom vir Jou Lewe!
Aasbladsy
God se Droom vir Jou Lewe
Internet Evangelisasieprogram
God se Droom vir Jou Lewe!
Intrekbladsy
God se Droom vir Jou Lewe!
Landingsbladsy
© Kopiereg 2011 Scripture Educational Programs. Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |
Gebed
Daar word vir elke bekeerling op die gebedslys gebid
Gemeente-inskakeling
Kerk Oor Grense
Nuwe bekeerlinge word gelei om in te skakel by 'n Bybel-gefundeerde evangeliese gemeente of om 'n huiskerk te begin.
Die Viswaters
Sending Oor Grense
Ek word gekonfronteer met God se droom vir my lewe
Scripture Educational Programs
Dissipelskapsiklus
Die Vistenk
Sending Oor Grense
Ontdekking van God se droom vir my lewe
Dissipelskap
Die Dissipelmaker
Die vissies in die bak word gevoed met die Woord
God se Droom vir Jou Lewe!
Gebedslys
Jongste Nuusflitse
Doel Gebedslys:

530 Soekende Persone
Groei Gebedslys:

261 Oorgawes
>>>
Die statistieke hiernaas word slegs gepubliseer ter bemoediging en aansporing en NIE vir enige eersoekende redes NIE! Aan die Here alleen kom alle eer toe vir vrug op ons arbeid!
As jy wil deel wees van hierdie oesinsameling deur jou finansiële bydrae, kan jy dit direk in ons rekening inbetaal. Elke R100 wat ons ontvang stel ons in staat om met die hulp van die Here, minstens een persoon na Jesus toe lei êrens in die wêreld.
Alle geïdentifiseerde bydraes sal erken word.

Scripture Educational Programs
FNB Tjekrekening Nr
:  62324491141     Takkode:  250655
Word so 'n Visser van Mense Internet Uitreik Statistieke
Verander daagliks wanneer AKTIEF-venstertjie groen is.
Afghanistan, Albanië, Aruba, Azerbaijan, Bangladesh, Belize, Benin, Bhutan, Bosnia-Herzegovina, Botswana, Camaroen, Cambodia, Djibouti, Domican Republic, Egipte, Estonia, Ethiopië, Fiji, Ghana, Grenada, Hong Kong, Ierland, Indië, Indonesië, Iran, Iraq, Kenya, Nepal, Nigerië, Uganda, VSA, Zambië Spesiale Gebedsversoeke Boodskappe en Getuienisse
Sending Oor Grense
Bekeerlinge is van die volgende lande:
Wanneer die venstertjie links oranje is beteken dit ons veldtog is op "pause", waarskynlik vir finansiële redes. Wanneer die venstertjie groen is, is ons uitreike aktief en kan u daagliks sien hoe die statistieke verander. Daar kom gemiddeld een persoon elke 30 minute tot bekering met 'n relatief klein begrotingtjie tot ons beskikking wanneer 'n uitreik aktief is. U kan deel in hierdie oesinsameling deur u bydrae. Sien onder aan die bladsy vir meer besonderhede.
Ons kan ook vir 'n gemeente hulle eie internetveldtog skep. Kontak ons vir meer besonderhede.
TOTAAL TOT OP DATUM
DESEMBER 2011
Doel Gebedslys:

122 Soekende Persone
>>>
Groei Gebedslys:

60 Oorgawes